Curriculum Vitae - Brümilda van Rensburg
Loopbaan:
Brümilda van Rensburg is 'n bekroonde Suid-Afrikaanse televisie-, film- en teateraktrise. Sy het meer as 100 plaaslike en internasionale produksies voltooi. Sy is ook ´n seremoniemeester en stemkunstenaar. Sy het al radio-advertensies en radiodramas in beide Engels en Afrikaans gedoen. Brümilda lei voornemende kunstenaars by haar drama-akademie, Brümilda se Drama-akademie en Agentskap, op. Sy tree ook op as agent tussen haar studente en agentskappe. sy het vir 3-jaar in die Suid-Afrikaanse TV-reeks Binnelanders gespeel, en is bekend as Louwna van Egoli, 'n rol wat sy 18 jaar lank gespeel het. Sy is ook te sien in die 2014 internasionale rolprent, Leading Lady, saam met Gil Bellows, Katie McGrath en Bok van Blerk.
Persoonlike besonderhede:
Brümilda is op 30 Oktober 1956 in Philippolis, Vrystaat, Suid-Afrika gebore. Sy het in Pretoria grootgeword.
Tale: Engels, Afrikaans; het vyf-jaar-lank Duits en Frans studeer.
Amptelike webwerf: besoek www.brumilda.com vir ´n langer biografie en kontakbesonderhede.
Onderrig:
Skool: Aan Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria matrikuleer. (Vereer met die Victrix Ludorum-toekenning vir toneelspel).
Universiteit: BA Honneurs in Drama aan die Universiteit van Pretoria met lof behaal. (Ontvang die Ludwig Binge-toekenning, twee keer, vir toneelspel, asook die Golden Key Internasionale Lidmaatskap Akademiese- toekenning).
Buitemuurs: Moderne- en Klassieke dansklasse vir 12 jaar geneem.
Loopbaangeskiedenis:
Rolprente: (regisseurs in hakkies)
- ´n Pawpaw vir my Darling - (Koos Roets)
- Leading Lady - (Internasionale film; Henk Pretorius)
- The Power of Three - (Internasionale film; Yvonne Deutschman; in Londen geskiet)
- Egoli - The Movie - (Franz Marx)
- Freedom Fighters - (Cannon International film deur Reb Brown)
- Dancing in the Forest - (Cue International film deur Mark Roper)
- Brutal Glory - (Philo Pieterse International deur Koos Roets)
- Eternity - (Christopher-Lee dos Santos)
- Khumba - (as stemkunstenaar vir die Afrikaanse weergawe; Anthony Silverston)
- Musiek vir die agtergrond - (Salmon de Jager)
- Skating on thin Uys - (Pieter-Dirk Uys)
- Eendag vir altyd - (C. du Toit)
- Nag van vrees - (Stan Roup)
- Wêreld sonder grense - (Frans Nel)
- Boetie op Manoeuvres - (Regardt van den Berg)
- Agter elke man - (Frans Marx)
- The Chemo Club as Lucy - (Thandi Brewer)
- Madalein as Madalein - Lize Vosloo
- Skaapboer as Merle - Valente Bosch
Televisie:
- Binnelanders - vir 3 jaar (bekroon met 2 Safta-nominasies) - (Danie Joubert)
- Drama High Rollers - (Josh Rous)
- Hartland - ATKV Mediaveertjie - (deur Deon Opperman geskryf; regisseur: Gerrit Schoonhoven)
- EGOLI: Plek van Goud - vir 18 jaar - (Franz Marx)
- Voortreflike Familie Smit - lead - (Stephan Bouwer)
- Vyfster - (Regardt van den Berg)
- Koöperasiestories - (Koos Roets)
- Green and Gold Hero - (Rob Davies)
- Dennekruin - (Danie Odendaal)
- Elmien Adler - (Regardt van den Berg)
- Skoppensboer - (Koos Roets)
- Laat Vrugte - (Koos Roets)
- Hoogste Bod - (E. Puren)
- So 'n Liefde - (Stephan Bouwer)
- Arme Moordenaar - (Stephan Bouwer)
- The Skull - (C. Fisher)
- Black Comedy - (R. Morgridge)
- House of Mankowitz - (H. Kuhle)
- Nie vanweë die Duisternis - (Koos Roets)
- Suidpunthotel - (D. de Villiers)
- Hoekie vir eensames - (Herman Binge)
- Pêresmous - (Manie van Rensburg)
- Wolwedans in die Skemer - (Billy Egan)
- You be the Judge - (Pieter Goldsmith)
- Moordspeletjies - (Danie Joubert)
- Die Binnekring I & II - Artes-toekenning - (Jan Scholtz)
- Ballade vir 'n Enkeling II - (Henry Mylne)
- Lui maar op Belinda as Belinda - Silwerskerm-nominasie bekroon
- Dinge van n kind as Suna - (Zandrè Coetzer)
- Die Tert as Esme - (Mila Guy)
- Mooiweer en Warm as Sonica - (PC Venter)
- Telenovela 'Kelders van Geheime' - 2024 geserialiseerde dramarol Octavia
Kort film:
- Ring of the Beast - Adriana Miguel
Dokumentêr:
- Pieter Dirk Uys - Tinarie van Wyk - Loots - (Karien Loubser)
Teater:
By CAPAB: (regisseur in hakkies)
- Poppie Nongena - 400 shows - (deur Sandra Kotzé aangepas)
- Die Plaasvervangers - (Pieter Fourie)
- Kinkels innie Kabel - (Billy Egan) banjo player
- Faust - (Dieter Reible)
- The Miracle Worker - (Billy Egan)
- Die Fisici - (Robert Mohr) female lead
- Black Comedy - (Robert Mohr) lead
- El grande de Coca Cola - (Robert Mohr)
- “Lizzie” lead in Die Reënmaker - (Louis van Niekerk)
- “ Mooi Maria” lead in Mooi Maria - ( Pieter Fourie )
- Come back little Sheba Genomineer - (P. Grout)
- Faan se Trein lead - (J. Esterhuizen)
- Orestian Trilogy - Fleur du Cap-toekenning - (Dieter Reible)
By BAXTER:
- Agamemnon - (Henry Goodman)
- “Baby” lead in Siener innie Suburbs - (PG du Plessis)
- “Dolly” in Send for Dolly - (Don Maguire) Cove
- “Annie” in Last Summer at Blue Fish - (Terence Shank)
By MARKET:
- “ Maria” in Exit the King - Vita Award - (Dawie Malan)
- Patchers - (Clare Stopfordt)
- Casper on the Electric Chair - (Dieter Reible)
By PACT (Meestal in Pretoria se Staatsteater):
- “Portia” in Shakespeare’s Merchant of Venice - Darlo-toekenning - (Ilze van Hemert)
- “Blanche” lead in Streetcar named Desire - (Bobby Heany)
- “Marie” in Exit the King - Vita-toekenning - (Dieter Reible)
- “Anna” in Die Koggelaar - Genomineer - (Dieter Reible)
- “Antigone” lead in Antigone - Darlo-toekenning - (Fred Steyn)
- “Annie” in Last Summer at Bluefish Cove - (Terence Shank)
- Kalkoen se Kind - (Carl Trichardt)
- Die Groot Wit Roos - (Dieter Reible)
Oudtshoorn Klein Karoo Kunstefees: (KKNK)
- Die Soen – with Steve Hofmeyr - (Henry Mylne)
- Om Goodbye te Sê - (Terblanche Jordaan)
- Die Vrou Vantevore - (Marthinus Basson)
- As ek reg Onthou (met Louis van Niekerk ) - (Deon Opperman)
Aardklop
- Die Vrou Vantevore - (Marthinus Basson)
Spier Ats Teater and London Teater
- Om Goodbye te Sê - (Terblanche Jordaan)
Andre Hugeneut Teater
- Last Summer at Blue Fish Cove - (Terence Shank)
Addisionele toekennings:
- Loerie-toekenning (stem)
- People’s Choice Populêrste Suid-Afrikaanse Aktrise
- Realnet Reach for the Stars Achievers
- Rapport / City Press Prestige Vrou
- You / Huisgenoot Stylvolste Vrou
- FAK - Toegeken as 'n vrou van 'Inspirasie'
Verwysings:
Webwerwe:
- www.brumilda.com
- Wikipedia: Brümilda van Rensburg
- http://www.imdb.com/name/nm0887808/
- http://www.tvsa.co.za/actors/viewactor.aspx?actorid=2635
- http://whoswho.co.za/brumilda-van-rensburg-5190